Ons hou van

Help vroue vooruit

’n Beursprogram wat vroue-wetenskaplikes in Afrika help om hul doktorsgrade te voltooi word plaaslik deur L’Oréal ondersteun.

Innoverende produkte soos L’Oréal Color Riche Anti Ageing Serum (R124,95) is die resultaat van L’Oréal se toewyding aan navorsing. Hierdie lipstiffie bevat ’n teenverouderingserum wat jou lippe se definisie verbeter en fyn lyntjies om jou mond vul.

L’Oréal is ook een van die stigterslede van die Look Good Feel Better-veldtog (Clarins en Estée Lauder ondersteun dit ook) wat hulp verleen aan vroue wat kankerbehandeling ondergaan of wat besig is om van  kanker te herstel.

Hierdie program bied gratis werksessies aan en ondersteun vroue met die newe-effekte wat behandeling soos chemoterapie op hul voorkoms kan hê. Só herstel dit hul selfvertroue.