Ons hou van

Heuning inspireer skoonheid

Heuning is oral in die skoonheidswêreld – van die kleur in grimering en haarkleur tot die soet geur en vogtige tekstuur in lyfsorgprodukte, soos in Body Shop se nuwe Honeymania-reeks!

Heuning inspireer die skoonheidswêreld al vir jare. Ons is veral mal oor die heuningstrepies wat in bekendes se hare skyn. Jy kan donker hare met die ligte heuningstrepies dra, soos wat Giuliana Rancic (regs bo) en Sofia Vergara (links bo) doen, of jy kan Jennifer Aniston (heel bo en links onder) en Blake Lively (regs onder) se voorbeeld volg en heuningstrepies in jou blonde hare sit.

Lees meer oor SARIE se afspraak met Blake Lively!

Heuning is ook baie prominent in die Kardashians se grimeerreeks!

Die Honeymania-reeks bestaan uit stortseep, ’n afskilferaar, lyfbotter, badskuim, lipsalf en seep. Dit word gemaak van Community Fair Trade-heuning uit ’n reënwoud in Ethiopië. Die heuning is uniek, want die blomme van die reënwoud gee dit ’n spesiale blommegeur.

honeymania_beeswax_hr_inhnypj014_300w

 

 

Die Body Shop Honeymania seep (R35)

 

 

 

honeymania_lip_butter_hr_inhnypj019_300w

 

Lipsalf in The Body Shop se Honeymania-reeks (R55).

 

 

new_bbb_honeymania_lid_face_on_hr_inhnypj022_300w

 

 

The Body Shop Honeymania-lyfbotter (R135)

 

 

 

new_bbb_honeymania_shower_gel_hr_inhnypj025_300w

 

 

The Body Shop Honeymania se stortseep (R80).

 

 

 

 

 

 

Om een van elke produk in die Honeymania-reeks te maak, moet 95 bye 2 184km reis en 48 540 blomme se nektar stroop!