Ons hou van

Ikoniese haarstyle – watter een het jy uitprobeer?

Die Amerikaanse nuustydskrif TIME het op hul webblad ’n top 10 saamgestel van wat hulle dink die bekendste haarstyle tot nou toe was. 

Op dié lys is:

Elvis se kenmerkende pompadour (foto bo). Volgens TIME is dit ‘n haarstyl wat met selfvertroue en panache gedra moet word. Die naam van die haarstyl verwys na ‘n minnares van Louis XV, Madame de Pompadour, in die 18de eeu. Elvis het dit tot ikoniese status verhef vir mans in die 50’s.

Die flick van Farrah Fawcett, bekend as een van Charlie’s Angels. (Farrah is in die middel op dié foto). Sy was die sekssimbool vir miljoene tienerseuns in die sewentigs. Volgens TIME was haar lang hare wat in lae geknip is, die toppunt van die ‘Ek-dekade’ – ‘n tydperk waar vroue met selfvertroue hul aantrekkingskrag gevier het met gróót hare.

Farrah Fawcett as een van die Charlie's Angels

Smeulende Brigitte Bardot se “slaapkamer”-hare lyk altyd of sy pas ‘n passievolle sessie in die slaapkamer gehad het! Sedertdien word hierdie los, deurmekaar krulle as verleidelik en sensueel beskou. Voeg dit by ‘n vol sensuele mond en jy’t ‘n wenner!

Brigitte Bardot op 'n fliekplakkaat

The Beatles se mopkoppe. Dit herinner nogal ‘n bietjie aan die nuutste Justin Bieber-haarstyltrend! Na bewering is dié vier se haarstyle geïnspireer deur twee Duitse fotograwe wat hulle in 1960 bevriend het. Dié langer kuiwe en hare was ‘n wegbreek van die kort manstyle van die 1950’s.

The Beatles

Ook Mia Farrow se pixie-haarstyl wat weer onlangs ‘n groot styltreffer in Hollywood was. Die Britse haarstyl-ikoon, Vidal Sassoon, het vir dié ikoniese pixie-voorkoms gesorg net voor Mia in haar bekende fliek Rosemary’s Baby verskyn het. Sassoon was ‘n groot aanhanger van moeitelose haarstyle. Die styl pas ook perfek by Mia se groot sagte ‘bokkie’-oë!

Mia Farrow op die voorblad van LIFE-tydskrif

En natuurlik die geliefde Rachel-haarstyl wat Jennifer Aniston in die TV-reeks Friends so gewild gemaak het! Het jy ook ‘n Rachel gehad? (Jennifer is links op die foto hieronder). Dit sou beskryf kon word as ‘the hairstyle that launched a thousand ships’…

Jennifer Aniston se Rachel-haarstyl in Friends

Kyk hier vir die volledige lys.

  • Pattie

    Ag nee, waar is Purdey???