Ons hou van

Indiese grimeerkleure

“Ek wou ‘n reeks skep met gloeiende, oordadige kleure. In Indië is dit só natuurlik om uitbundig te wees,” sê Nicolas Degennes, skepper van Givenchy se nuwe grimeerreeks.

Die 2 nuwe lipkleure in die reeks is geïnspireer deur die aarde en henna: Maharani Rose en Maharani Henna – albei Givenchy Rouge Interdit Satin Lipsticks (R300). Beskikbaar by uitsoek-winkels van Edgars en Red Square.