Ons hou van

Inheems & vriendelik

Op eie bodem werk die plaaslike handelsnaam Charlotte Rhys sag met die natuur.

Dié maatskappy het nie net sterk groen-beginsels oor volhoubaarheid nie, maar is ook omgewingsvriendelik én is goedgekeur deur Beauty Without Cruelty en die Vegan Society of SA.

Aangesien die produkte plaaslik, in die Wes-Kaap, vervaardig word, word SA-kopers se koolstofvoetspoor minimaal vergroot. Inheemse plante vir hul produkte word volhoubaar geoes om biodiversiteit te beskerm.

Die krag van die natuur – emosioneel, esteties en biologies – vorm die kern van hierdie handelsnaam.

Charlotte Rhys Body Lotion (R89) bevat bestanddele eie aan Afrika, soos kremetartsaad-olie, om jou vel jonk en soepel te hou.