Ons hou van

Innoverende lipstiffie

Rouge Automatique stel jou in staat om die lipstiffie-buis met ’n enkele beweging én met net een hand oop en toe te maak. Daar is ook nie ’n doppie wat in jou handsak – of elders – verlore kan raak nie.

Die eerste Rouge Automatique het reeds in 1936 verskyn en vandag gee Guerlain se kreatiewe direkteur, Olivier Échaudemaison, dié uitvindsel ’n moderne aanslag.

“Die Rouge Automatique van die 21ste eeu is geskep vir ’n stylvolle vrou. Met een beweging onthul sy ’n lipstiffie wat haar glimlag opkikker en glansryk laat lyk”, sê Olivier.

Rouge Automatique spog met 25 skakerings van beige, rooi, oranje en pienk.