ghd_29032011_glamour_full_set
Ons hou van

Inspirasie die dekades deur

 Die Iconic Eras of Style is  ‘n beperkte uitgawe en gee nuwe lewe aan die style van dié ikoniese eras.

Elke stileeryster kom met ‘n palmhandsakkie wat die betrokke era uitbeeld, twee ghd-haarknippe en ‘n eksklusiewe boekie wat wys hoe jy dié kenmerkende haarstyl kan maak.

Kies uit dié drie nuwe stileerysters:

·      Glamour: Met die swart satyn sakkie en stap-vir-stap-instruksies vir hoe jy die 50’s se glamour wave (te sien in die televisiereeks Mad Men) kan maak. Dié gesofistikeerde styl was ‘n gewilde keuse vir ontwerpers soos Vera Wang, Oscar de la Renta en Versace op die loopplank vir Lente/Somer 2011.

 

·      Boho Chic: Dié boheemse voorkoms was ook ‘n gunsteling vir die Lente/Somer 2011-modes, en met die bykomende gids sal jy maklik sagte krulle, soos wat Nicole Richie en Sienna Miller graag dra, kan maak. ‘n Kameelbruin sakkie met tossels rond jou boheemse voorkoms af.

 

·      New Wave: Die ontwerpers Zac Posen en Jean Paul Gaultier was aanhangers van lewendige krulle met ‘n wip, en met hierdie ghd sal jy leer hoe om die voorkoms  na te boots. Die swart en goue klinknaelsakkie herinner aan die 80’s se styl waar daar weggebreek is van konvensionele modes en jou eie reëls gegeld het.

Die reeks sal vanaf Mei beskikbaar wees teen R2 299 per stileeryster.

*Wees op die uitkyk vir nagemaakte weergawes van ghd-produkte. Egte produkte word verkoop by professionele salonne wat deur ghd goedgekeur is. Soek jou naaste salon by www.ghdhair.com/za