karim_standing_2
Ons hou van

Internasionale grimeerkunstenaar se eerste SA besoek

Tydens sy besoek het Karim verskeie plekke besoek om sy kennis van grimering te deel. 

Hier is sy top-5 grimeerwenke:

  • As jou oë traan terwyl jy grimering aansit, haal diep asem, maak jou oë toe en sluk. Dit sal onmiddellik ophou traan.
  • As jy ’n donkerder veltoon wil hê, moenie ’n onderlaag gebruik om dit te kry nie. ’n Verbronser is wat jy in só ’n geval nodig het.
  • Moenie onderlaag opwaarts aanwend nie, want jy wil nie die fyn hare op jou vel laat regop staan nie.
  • Probeer ‘n rokerige oog sonder maskara vir ‘n interessante variasie.
  • Jou wenkbroue is ‘n raam vir jou oë. Doen moeite om dit netjies en mooi te hou.

Kyk waar het Karim tydens sy SA besoek gekuier:

“Ek is absoluut gek oor Suid-Afrika! Die land, die mense, die kultuur, alles!”, sê The Body Shop se internasionale grimeerkunstenaar, Karim Sattar.

Foto: Verskaf

Karim gee 'n grimeer-demonstrasie

Karim tydens een van sy vele demonstrasies oor hoe om grimering aan te wend. Hy glo dat elke vrou gorgeous is en haar skoonheid met grimering kan beklemtoon.

Foto: Nicky Human

Karim saam met Alex Holmes wat hy grimeer het

Baie vroue het die geleentheid gekry om deur Karim oorgemaak te word. Kyk net hoe mooi lyk Alex Holmes met Karim se grimeertruuks!

Foto: Nicky Human

Karim loer in by 'n tenk by die Two Oceans akwarium in Kaapstad

Karim was die grimeerkunstenaar vir ‘n fotosessie by die Two Oceans Aquarium in Kaapstad. Daar was beslis ook tyd vir ’n bietjie pret tussen die werk deur!

Foto: Nicky Human

Een van die onderwater-foto’s vir die fotosessie waar Karim as grimeerkunstenaar opgetree het. Kyk net hoe mooi! 

Foto: Glen Montgomery

Karim moes die modelle só grimeer dat die kleur nie tydens die fotosessie sou afkom nie. 

Foto: Glen Montgomery

Tydens sy besoek wou Karim graag betrokke raak by verskeie gemeenskappe. Hy het ‘n dag by die Child Welfare SA se Girl Child Project in Randfontein deurgebring en die meisies grimeer

Foto: Nicky Human

Die meisies was baie opgewonde om te sien wat Karim als met grimering kan doen.

Foto: Nicky Human