fragrance_combining
Ons hou van

Jo Malone nou in Kaapstad

Die winkel, wat in September oopmaak, gaan parfuums, badolies, lyfrome en stortjels van Jo Malone in 19 geure aanhou.

Jo Malone is bekend vir hul interessante en unieke kombinasies van geure, maar veral Fragrance Combining™, waar jy jou gunsteling-geure self kombineer.  

Die winkel gaan elemente van die eerste Londen-winkel, soos biblioteek-styl rakke en hul ikoniese geskenk-verpakking, hê. Jy sal ook ’n draai by die Tasting Bar™ kan maak, waar jy ’n hand-en-arm-massering met jou gunsteling-geur kan geniet.

Die ander Jo Malone-takke is by Hyde Park en Stuttafords Sandton City in Gauteng.