Ons hou van

‘n Jeugdige voorkoms

Nou het SARIE-vroue die kans om kennersraad te kry oor jonkbly: Besoek Spa Afrique in Johannesburg op Saterdag 31 Oktober en vind uit wat die geheime is.

Sewe spesialiste gaan vertel watter klein veranderings jy kan maak om jonger te lyk en te voel. Dit sluit goed in soos kosmetiese tandheelkunde, lewensafrigting, hare en grimering en dieetkunde. ‘n Dokter wat spesialiseer in estetiese prosedures en ‘n voorkomskonsultant sal ook raad gee.

Dit kos R150 en daar is net plek vir 24 gaste. Die eerste 4 sarie.com-gebruikers wat bel, sal die dag gratis bywoon! Daar is ook ‘n gelukkige trekking vir ‘n gratis behandeling by Spa Afrique. Skakel 011 678 5237 om te bespreek.

Spa Afrique is by John Grovazstraat 41, Northcliff, Johannesburg.