FOTO: Justin Bieber (instagram)

Ons hou van

Justin Bieber-grimering vir jou tiener

Hou haar dié vakansie besig met spesiale skoonheidsprodukte wat enige tienermeisie se dag sal maak.

Leer haar die fynere kunsies van grimering met essence se Justin Bieber geïnspireerde grimeerreeks. essence Beauty Beats Girls on Tour with Justin Bieber (tussen R20 en R45 by Dis-Chem en Clicks) vier dié sanger se “Believe”-toer met spesiale oogskadu, oogomlyner, lipglans, glanspoeier, blosser, naellak, naelkunsontwerpe en haarbande.

Die reeks is nog tot Februarie beskikbaar in skakerings soos grys, ligblou, turkoois, pers en koraalpienk.