Ons hou van

Jy’t nog nooit jou oogomlyner só gedra nie

Treffende oogomlyner bly van die beste maniere om jou grimeervoorkoms op te kikker. ’n Nuwe oogomlyner-tendens, eyeliner stacking, steek nou al hoe meer kop uit, berig die Amerikaanse Glamour aanlyn. Jy wend eers ’n lyntjie swart omlyner aan en daarna ’n tweede helderkleurige lyntjie net bokant die eerste een. Dit sorg vir ’n minimalistiese dog sterk voorkoms – dis nie eens nodig om enige ander grimering aan te wend nie!

Ons is mal oor dié twee kleure oogomlyner van aktrise January Jones en gaan dit beslis die somer uitprobeer.

Skep dit só in net drie stappe:

Stap 1: Wend met jou vinger ’n oogskadu-basislaag op jou ooglede aan om enige rooiheid of blou en pers skynsels te neutraliseer. ’n Neutrale skakering op jou ooglid help dat die oogomlyner meer uitstaan.

Stap 2: Gebruik ’n swart vloeibare of jel-oogomlyner en trek ’n netjiese lyntjie met ’n klein “vlerkie” teenaan jou boonste wimperlyn.

Stap 3: Sodra die swart oogomlyner droog is, gebruik dan ’n vloeibare oogomlyner in ’n helder skakering en trek ’n tweede lyntjie al langs die bokant van die swart lyntjie.

WENK: As jy ’n fout gemaak het, doop ná die tyd ’n dun oogomlynerborsel in olievrye grimeerverwyderaar en vee met die borsel liggies al langs die lyntjie om enige foutjies uit te vee.

Probeer dié kleurkombinasies:

Swart-en-wit soos Gigi Hadid

Swart-en-rooi soos Rita Ora

Swart-en-goud

Swart-en-koper

Swart-en-helderpienk

Headed to a rave this weekend? Fun rave makeup inspiration just went up on thebeautydepartment.com! (Tutorial by @amynadinemakeup)

A photo posted by The Beauty Department (@thebeautydept) on

Swart-en-pers

Probeer dié produkte:

Inglot Eye Shadow Keeper (R369)

Maybelline Master Precise Curvy Liquid Eyeliner (R140)

Max Factor Masterpiece High Precision Liquid Eyeliner in Velvet Black (R126)

By Clicks

NYX Liquid Crystal Liner in Crystal Pewter (R80)

By Clicks

Elizabeth Arden Beautiful Color Bold Defining 24HR Liquid Eye Liner in Electric Blue (R265)

Bronne: www.glamour.com

Lees nou

Dié prins hou van pienk…

Dís hoekom vroue hulle hare sny ná ’n breakup