Ons hou van

Kate se keuse

Kate Middleton het vroue regoor die wêreld in vervoering gehad die oomblik toe sy by die kerk uitgeklim het op haar troudag, en daar is onmiddellik gespekuleer oor alles van haar rok tot haar grimering. En uiteindelik is die geheim van haar naellak uit!

Kate het besluit op Essie se naellak in die skakering “Allure”, ’n neutrale ivoorkleur, om by haar rok te pas. En dis beskikbaar by jou naaste Dis-Chem, Foschini of Sorbet Salon teen R99,99.

  • Loreen Robertson

    Ek dink die kleur van haar naellak is tog te mooi