Ons hou van

Katy Perry se purrrrrrfekte parfuum

Dit is geen geheim dat Katy ’n groot liefde vir katte het nie, want sy deel gereeld foto’s en stories van haar kat, Kitty Purry, op Twitter. G’n wonder dat dié einste kietsie die inspirasie agter haar eerste parfuum is nie. 

Die geur bevat note soos perske, appel, jasmyn, freesia en vanielje-orgidee. Katy was baie betrokke by die ontwerp van die parfuum. Sy het ook die bottel, ’n pers kat met juweel-oë, self ontwerp.

* Katy Perry Purr sal vanaf 1 Oktober by uitsoektakke van Stuttafords, Edgars, Red Square, Foschini en Truworths beskikbaar wees.