Ons hou van

Keira Knightley in splinternuwe Chanel-advertensie

Die beeldskone Hollywood-aktrise en die gesig van Coco Mademoiselle, Keira Knightley, verskyn in dié Chanel-advertensie, wat geskiet is deur Joe Wright. Hy is ook die regisseur van die flieks Atonement en Pride & Prejudice waarin Keira onder meer al te sien was.

In die minifliek ontwaak die beeldskone Keira met nét die parfuum Coco Mademoiselle aan haar lyf. Dan trek sy haar roomkleurige lyfpak aan, klim op haar Ducati 750-ysterperd en jaag vreesloos deur die strate van Parys. Haar eindbestemming is ‘n ateljee met ‘n trap wat sterk herinner aan die ingang van Coco Chanel se legendariese Rue de Cambon-woonstel met sy talle spieëls. Daar wag ‘n aantreklike fotograaf haar in.

Dinge op stel word warm tussen die twee. Maar kyk die minifliek om te sien wat gebeur . . .

Lees ook in die Junie uitgawe van SARIE ‘n onderhoud met Keira Knightley.

  • Nyvaeh

    I feel satisfied after redanig that one.