Ons hou van

5 skoonheidsbestanddele waarna jy moet kyk

Skoonheidsprodukte oorweldig ons soms met vreemde bestanddele en tegniese benamings, maar wat doen die bestanddele nou eintlik? Die skoonheidshuis Bodyography sê ons moet aandag aan dié gee:

1. Antioksidante

Dié bestanddele beskerm jou vel teen die skade wat vrye radikale aanrig. Vrye radikale is molekules wat jou vel aanval sodat fyn lyntjies en plooie vinniger hul verskyning maak. Vitamien A, vitamien C (askorbiensuur) en vitamien E (tokoferol-asetaat) is gewilde antioksidante omdat dit onder meer die velwand versterk, inflammasie verminder, die vel teen sonstrale beskerm én jou vel bevog.

2. Seewier-ekstrak

Seewier bevat antioksidante en beveg inflammasie. Dit het gewoonlik ’n gelatien-agtige tekstuur. Dié seeplant se vermoë om vog te behou maak dit ’n gewilde bestanddeel in velsorgprodukte wat bevog.

La Mer Crème de la Mer vogroom bevat seewier.

La Mer Crème de la Mer vogroom bevat seewier.

3. Silikon

Hierdie bestanddeel word onder meer uit sand ontgin. Dit word in verskillende vorme in skoonheidsprodukte gebruik, veral omdat dit sag op jou vel voel en die voorkoms van letsels en wonde verbeter.

Lees meer oor plooie en velveroudering

4. Aalwyn

Die sap van dié bekende plant kalmeer jou vel en bied uitstekende verligting vir sonbrand en velirritasie.

5. Retinol

Dit is ’n vorm van vitamien A wat die gevolg van son op jou vel, soos donker vlekke en plooie, verminder. Dit word ook in die behandeling van aknee gebruik.

Kollageen in jou skoonheidsprodukte – lees meer!