FOTO: L'Occitane

FOTO: L'Occitane

Ons hou van

Kerse vir jou gemoed

Die kalmerende en strelende effek wat kerse en aromaterapie op jou gemoed het is al sedert die antieke tye bekend. Net die reuk van ’n gegeurde kers kan jou laat ontspan en selfs help om stres te verminder en positiewe gedagtes te stimuleer, sê Renchia Droganis, stigter en hoof van die Africology-velsorgreeks. Boonop skep ’n brandende kers ’n rustige atmosfeer én dit is ’n vrolike dekor-item. Hier is ons gunsteling-kerse vir dié feesseisoen:

 

1. Africology Naturally Scented Candle in Rose and Citrus (R260): ’n Kombinasie van roos en suurlemoen sorg vir ’n vars en vrolike lentegeur. Dié kers is ook gemaak van 100% natuurlike bestandele en ons is mal oor die swart-en-wit kershouer. Beskikbaar by Africology-spa’s of by www.africologyspa.com.

CitrusRoseCandle africology

Africology Naturally Scented Candle in Rose and Citrus (R260)

2. Yankee Candle in No. 2 Coconut & Beach Flower (R325): Dié kers is perfek vir die somermaande met ’n vrolike vakansie-reuk van klapper en blomme. Die keramiekhouer en ligpienk deksel maak ook ’n mooi dekor-item. Beskikbaar by uitsoekwinkels landwyd of by www.yankeecandlesa.co.za.

yankee candle kers

Yankee Candle in No. 2 Coconut & Beach Flower (R325)

Hiér’s raad vir jou spatare – lees meer!

3. Soy Divine Soy Tumbler in Lavender Bliss (R295): Verbeel jou jy is in ’n laventel-veld met dié sojakers. Gemaak van die olie van sojabone en ’n mengsel van essensiële olies is sojakerse ekovriendelik en natuurlik. Jy kan ook die kers smelt en as bevogtigende masseerolie gebruik. Beskikbaar by www.soydivine.co.za.

soy divine soy candle

Soy Divine Soy Tumbler in Lavender Bliss (R295)

 

Wenk: Sommige bestanddele in kerswas en in die lont kan toksies wees of ’n veluitslag veroorsaak. Maak daarom altyd doodseker dat jou kers geskik is om op jou vel te gebruik voordat jy jou daarmee masseer.

 

4. L’Occitane Spicy Cinnamon Scented Candle (R265): Die soet geure van kaneel en gemmerbrood is die inspirasie agter dié luukse kers. Die kers se katoen-lont sorg ook dat die kers nie toksiese rook afgee nie. Beskikbaar by L’Occitane-boetiekwinkels in Kaapstad en Johannesburg.

l'occitance kers scented candle

L’Occitane Spicy Cinnamon Scented Candle (R265)

Geur én vog vir jou vel – lees meer!

5. Milk Solutions Massage Candle (R200): Gebruik die masseer-kers, met ’n rooibos-en-heuning-geur, om seer hande en voete te masseer en te bevog. Beskikbaar by www.milksolutions.co.za.

 

6. Jo Malone Wood Sage & Sea Salt Home Candle (R730): Vul jou huis met ’n unieke geurkombinasie van houtsalie en seesout wat nie té oorweldigend is nie. Jou gemoed sal dankbaar wees. Beskikbaar by Jo Malone-boetieks en uitsoekwinkels van Stuttafords.

jo malone scented candle kers

Jo Malone Wood Sage & Sea Salt Home Candle (R730)

Raai watter akteur is die smeulende gesig van ’n splinternuwe mansparfuum?