Rachel Bilson FOTO: Gallo Images / Getty Images

Rachel Bilson FOTO: Gallo Images / Getty Images

Ons hou van

Kies ’n bob vir jóú gesigvorm + Skep só ’n faux-bob

Die bob is tans dié haarstyl onder internasionale bekendes: Taylor Swift, Hilary Duff, Pippa Middleton, Minki van der Westhuizen en Jennifer Aniston het almal onlangs hul lang lokke korter gesny. Dis ’n veelsydige snit wat jy kort of langer kan dra. SARIE se skoonheidspan help jou om die perfekte bob vir jóú te kies.  

As jy ’n ovaalvormige gesig* het, sal ’n bob met baie volume en ’n kantpaadjie mooi lyk.

Nie lus vir ’n bob nie? Kies só ’n haarstyl vir jou gesigvorm

Vir hartvormige gesigte* werk ’n langer bob wat die aandag van jou ken trek. Vra die haarkapper om die bob stomp te sny vir ’n sjiek voorkoms.

’n Dikker, sagte kuif met ’n kantpaadjie pas perfek by ’n ronde gesig*. Die “lob” (lang bob) sal goed werk omdat dit jou gesig langer laat lyk.

Vier haarstyle wat groot is dié winter

Vermy ’n bob wat te reguit gesny is as jy ’n vierkantige gesig* het. Kies eerder ’n snit met veeragtige punte en baie tekstuur.

Die geheim met ’n lang gesigvorm* is om ’n styl te kies wat jou gesig breër laat lyk. Stileer jou bob met sagte krulle om volume te skep of laat sny ’n stomp kuif.

Skep só ’n faux-bob

As jy skrikkerig is om jou lokke af te sny, kan jy altyd ’n faux-bob probeer. Kyk net hoe maklik laat TV-sterre soos Sopia Bush en Rachel Bilson dit lyk.

Begin deur die boonste helfte van jou hare bo jou kop vas te maak. Vou dan die onderste hare losserig teen die agterkant van jou nek en steek dit in die styl van ’n bob vas met knippies. Maak die boonste hare los sodat dit bo-oor die onderste hare val en steek dit rondom die onderste hare vas in die voorkoms wat jy wil hê. Volg ons Pinterest-bladsy vir nóg inspirasie en stap-vir-stap-aanwysings.

* Hoe weet jy wat is jou gesigvorm? Vind hier uit.

Bronne: www.totalbeauty.com, www.redbookmag.com, Pinterest