FOTO: Instagram (@drewbarrymore)

FOTO: Instagram (@drewbarrymore)

Ons hou van

Kits-skoonheidsoplossings vir besige dae

Die aktrise Drew Barrymore het onlangs in ’n onderhoud onthul dat sy die kuns bemeester het om al haar grimering in minder as 5 minute aan te wend. Sy deel gereeld foto’s van haarself op Instagram waar sy op die trein of in ’n motor haar grimering aanwend, met die hutsmerk #commuterbeauty daarby.

FOTO’s: Agter die skerms met Diaan en Desiré

Volgens Drew wend sy baie dae net verbloemer, blosser op haar wange en lippe en verligter aan, berig www.redbookmag.com. “Ek is verslaaf aan verligter… Tik met jou vinger ’n bietjie net bo jou wangbene aan, asook op die brug van jou neus, op jou voorkop en net bokant die middel van jou bo-lip en skakeer dan die verligter in jou vel in met jou vingers. Dit verhelder dadelik jou voorkoms,” sê Drew.

Sy het die afgelope paar maande dié foto’s op haar Instagram-profiel gedeel.

 

Ons het almal ’n staatmaker-skoonheidsproduk of -geheim vir besige werkdae. In SARIE se kantoor in Johannesburg het ons besluit om ’n paar van ons “on-the-go”-wenke te deel.

“Ek hou ’n buisie nael-olie in die kar en vryf elke oggend my naelvliesies daarmee in terwyl ek in Johannesburg se strawwe verkeer sit.” – Charis van den Heever, skoonheidsredakteur

“My gunsteling-produk om vinnig my grimering mee op te knap is Bobbi Brown se Pot Rouge For Lips And Cheeks in ’n donkerroos skakering. Ek gebruik dit op my wange, lippe én oë. En natuurlik is maskara ook ’n vinnige truuk om my oë wakker en vars te laat lyk.” – Phyllis Green, fotograaf en boekeredakteur

“Op koue wintersoggende smeer ek net voordat ek die huis verlaat ’n mengsel van Bio-Oil en Vaseline aan dié dele op my vel wat baie droog is. Dit werk soos ’n bom.” – Liesel Pienaar, redaksionele assistent

As ek ná ’n lang dag se werk ’n aandgeleentheid moet bywoon, hou ek daarvan om my gesig te verfris met ’n paar spuitjies mineraalwater. Ek het ook altyd ’n toetsgroot wenkbrou-potlood in my handsak vir noodgevalle – dit help om ’n vaal voorkoms onmiddellik trefkrag te gee.” – Monica Pienaar, skoonheidsassistent

Pitch Perfect-sterre in Kaapstad gesien!

Probeer dié produkte:

  1. O.P.I Cuticle Oil To Go Pen (R180)
  2. Bobbi Brown Pot Rouge For Lips And Cheeks in Rose (R365)
  3. Benefit They’re Real Lengthening Mascara (R295). By uitsoekwinkels van Edgars
  4. Bio-oil (R50 vir 60 ml)
  5. Eau Thermale Avéne Thermal Spring Water (R150). By Clicks
  6. Smashbox Fusion Soft Lights in Baked Starblush (R360)

Is Blake Lively nou ’n brunet? – Vind hiér uit!