Ons hou van

Klassieke pêrels inspireer Chanel

Die eenvoud, sjarme en vermoë van pêrels om die gesig te verhelder is die belangrikste element van die reeks oogskadu’s, lipstiffies, blosser en naellak. Daar is ‘n verskeidenheid skakerings wat strek van rooi, pienk en koraal tot gryse en selfs swart, almal met ‘n pêrelagtige skynsel.

Pryse wissel van R235 tot R575 en dis by uitsoektakke van Edgars beskikbaar.