FOTO: !QMSCosmetics

FOTO: !QMSCosmetics

Ons hou van

Kollageen in jou skoonheidsprodukte

Jy hoor dikwels van kollageen wanneer dit kom by teenveroudering, maar weet steeds nie presies wat dit is of watter funksie dit in jou vel verrig nie.

Die skoonheidshuis !QMSCosmetics beantwoord jou vrae:

Wat is kollageen?
Dit is ’n proteïen wat in jou bene, kraakbeen, spiere en vel voorkom.

Hoekom is dit belangrik wanneer dit kom by die tekens van veroudering?
Kollageen is verantwoordelik vir jou vel se normale funksies. Dit sorg dat bevogtiging natuurlik plaasvind en gee jou vel volume en elastisiteit. Jou vel is 65% kollageen!

Wanneer begin jou vel minder kollageen vervaardig?
Teen die ouderdom van 25 begin dié proses stadiger beweeg en jy hou teen 35 heeltemal op om self kollageen te vervaardig. Die eerste tekens van veroudering is dehidrasie en fyn lyntjies. Sodra jy ophou om kollageen te vervaardig word dié fyn lyntjies dieper plooie.

Kan die vervaardiging van kollageen gestimuleer word ná dit begin stadiger word het?
Ja! Sekere bestanddele werk in op die fibroblaste van jou selle sodat dit weer kollageen begin vervaardig. Nuwe tegnologie sorg ook dat kollageen deur jou vel opgeneem kan word vir ’n jonger voorkoms.