Ons hou van

Koop aanlyn by Estée Lauder en wen al die pad!

Lank, lank gelede moes jy die winkels met hul dolle gedrang vir jou inkopies aandurf. Nou kan jy sommer jou vingers die loopwerk laat doen.

Sowat 22% van internetgebruikers in Suid-Afrika koop aanlyn en 48% beplan om in die toekoms aanlyn te koop, volgens die navorsingsgroep Ipsos.

En deesdae is dit nie net meer CD’s en boeke nie. Klere en ook jou gunsteling-skoonheidsprodukte is aanlyn beskikbaar.

En gelukkig vir ons, spog een van ons gunsteling-skoonheidshuise ook met hul eie aanlyn winkel.

Esteelauder.co.za bied jou ‘n verskeidenheid lekker opsies wat aanlyn koop makliker, vinniger, geriefliker én goedkoper maak!

Screen Shot 2015-06-11 at 10.11.14 PM

Jy kry byvoorbeeld gratis aflewering (vir aankope meer as R750) én nuwe produkte word soms eerste in hul aanlyn winkel bekend gestel – soos hul nuutste parfuumreeks, Aerin (lees meer oor dié besonderse geure hier).

En groot is die verrassing dat jy saam met elke aankoop ook ‘n toetsproduk of 2, dalk selfs 7, kry!

Nou bied hulle ook vir SARIE-lesers dié ekstra geskenk! Kyk net wat kry jy als in die video hieronder as jy meer as R900 spandeer – ‘n eksklusiewe geskenk ter waarde van R1 500 vir hul aanlyn kliënte.

Koop vir R900 en kry die geskenkpak GRATIS!

Hier is ons wenslysie:

Koop vir R900 of meer, en kry dié geskenkpak ter waarde van R1 500 gratis!

Besoek esteelauder.co.za vandag nog!

Bronne: Lydia van der Merwe, SARIE Januarie 2013, Ipsos en Esteelauder.co.za