FOTO: verskaf

FOTO: verskaf

Ons hou van

Kreatiewe bottels vir jou haarprodukte

Kreatiwiteit en pret was die kern van die bekendstelling van ’n beperkte reeks haarsorgprodukte verlede week by Arts on Main in Johannesburg.

By die bekendstelling van die Aussie Mega-reeks se Street Art Design Edition het skoonheidskrywers in Suid-Afrika die kans gekry om hul kreatiwiteit vrye teuels te gee. Elke gas het ’n spesiale sak van ongebleikte linne gekry en kon stensils, verfkwasse, lapverf en sproeiverf gebruik om dié sak op ’n unieke manier te versier.

FOTO: verskaf

FOTO: verskaf

Die inspirasie agter die Aussie Mega-reeks se nuwe, tydelike bottels is straatkuns van graffiti-kunstenaars. Daarom lyk die bottels in die Street Art Design Edition asof dit met pers en pienk of bruin spuitverf versier is.

FOTO: verskaf

FOTO: verskaf

Aussie is ’n salonreeks van Australië wat sedert verlede jaar in Suid-Afrika beskikbaar is en by Clicks verkoop word. Die produkte van die Mega-reeks is reeds gunstelinge en kry nou ’n nuwe baadjie. Die formule bly dieselfde. Die Street Art Design Edition-reeks bestaan uit Aussie Mega Shampoo (R65) en Aussie Mega Instant Conditioner (R65), wat Australië se kangaroepoot-blom bevat. Dié blom gee jou hare ekstra volume. Die laaste produk in dié reeks is die Aussie 3 Minute Miracle Reconstructor Deep Conditioner (R85). Die ekstrakte van die Australiese mentbalm-plant, wat in dié produk is, help om gebreekte punte en beskadigde haarskagte gesond te maak.

Die Aussie Mega-reeks se beperkte Street Art Design Edition is vanaf Januarie by Clicks beskikbaar.