Ons hou van

Kry Claire Danes se voorkoms

Aktrise Claire Danes is deesdae op almal se lippe. Nie net is sy op die Britse Vogue se November-voorblad nie, sy het ook onlangs die Emmy-toekenning gewen vir die beste aktrise in ’n drama-reeks vir haar rol as CIA-agent Carrie Mathison.

Op haar nuutste Vogue-voorblad lyk die Homeland-aktrise pragtig met ’n ligte gelaat en vars, rooi lippe. Haar natuurlike ooggrimering beklemtoon die blou van haar oë. By die Emmy-toekennings in September was Claire ’n styl-ster met helderrooi lippe en haar gewoonlik lang blonde hare in ’n kort bob gesny.

people_claire_danes_630wVolg Claire se voorbeeld en dra dié seisoen ’n helderrooi lipstiffie saam met neutrale grimering. Het jy kort hare? Probeer dan jou hare klassiek droogblaas vir Claire se rooitapyt-voorkoms by die Emmy’s. Met dié haarstyl en ’n goeie rooi lipstiffie is jy gereed vir al die troues, toekenningsgeleenthede en jaareindpartytjies wat nou begin!

SARIE wys jou hoe om die regte rooi lipstiffie te kies

Claire-Danes-Vogue-cover-Annie-Leibovitz-01Claire, wat ook in Augustus op die voorblad van die Amerikaanse Vogue was, keer binnekort terug na ons kassie in die derde seisoen van Homeland. Sien jy uit na die nuwe seisoen van dié reeks wat weer op 14 Oktober om 20:30 op MNet (DStv-kanaal 101) begin wys?