chanel5
Ons hou van

Kuier agter die skerms by Chanel

 Peter Philips, Chanel se grimeerdirekteur, was verantwoordelik vir die grimering. Ligte grys, pers en blou was die skakerings waarin die modelle getooi was.
 
Klassieke Chanel-onderlae soos Vitalumière Aqua, Poudre Libre en Eclat Lumière is gebruik om die modelle ‘n vlekkelose gelaat te gee.
 
Hul is beklemtoon met Chanel se nuwe Illusion D’Ombre-oogskadu, Chanel Stylo Yeux Waterproof-oogomlyner in Ebène en Chanel Mascara Inimitable in Black.
 
Só het dit agter die skerms gelyk:

‘n Kaal rug is nie ongekend vir die nuutste wintermodes nie.
Groot, blink haarbykomstighede is hoogmode hierdie winter. Groot, opslaankrae het ook ‘n stelling gemaak by dié modevertoning.
Nóg ‘n voorbeeld van die groot kraag wat ‘n verskyning gemaak het. Skakerings van grys op die oë was ook te sien.
Dra jou oorgroot kraag saam met bonkige bykomstighede.
Ligte kleure – vir modes én grimering – was merkbaar in die kol.