Vadersdag skoonheid
Ons hou van

Laaste minuut-idees vir Vadersdag

Vadersdag is om die draai! As jy nog nie ’n geskenk gekoop het nie, moenie bekommer nie! Die skoonheidspan het in hul stoor gaan soek vir ’n paar geskenk-idees om jou pa mee te bederf. 

Parfuum

Dié seisoen se geure vir mans is manlik en waaghalsig. Informele sportgeure is ook gewild, veral met die Sokker-Wêreldbekertoernooi wat volgende week afskop. As jou pa ’n sportliefhebber is, is Hugo Boss Boss Bottled Unlimited (R975 vir 100 ml EDT) of Avon True Life For Him (R230 vir 50ml EDT) die perfekte geskenk. Azzaro Pour Homme (R830 vir 100ml EDT) is ’n vars geur met note soos basiliekruid en suurlemoen en vir die James Bond-aanhangers is die splinternuwe James Bond 007 Signature (R470 vir 75ml EDT) ’n groot bederf!

Kyk wie is die nuwe gesig vir Azzaro Pour Homme!

Velsorg

Kies uit ’n verskeidenheid vogrome om jou pa van ’n droë wintervel  te red. L’Oréal se mansreeks sluit in hul Hydra Energetic Daily Moisturiser (R160 vir 50ml) wat tekens van moegheid teenwerk en hul Hydra Energetic Recharging Moisturiser (R160 vir 50ml) wat help om sy vel op te helder. Probeer ook Nivea Men Active Age Double Action Balm (R80 vir 75ml) of Vaseline Even Tone Expert (R20 vir 50ml) om ’n skeer-uitslag te voorkom.

Haarsorg

Mans wat daarvan hou om hul hare te stileer sal mal wees oor L’Oréal Mineral Control Invisi’Gel (R65 vir 150ml) en Indestructible Extreme Gel (R65 vir 150ml). Paul Mitchell Double Hitter 2-in-1 Shampoo & Conditioner (R265 vir 250ml) werk goed vir besige mans.

Bekende mans oor hul skoonheidsprodukte

Lyf en gesig

Avon Men Revitalising Shave Gel (R70 vir 150ml) sorg vir ’n gemaklike skeersessie. Bederf hom ook met Nivea Men Hydrate & Care-reeks (R170 vir die reeks). Dit bevat ’n skeerjel, vogroom en stortjel en dit is verpak in ’n handige toiletsakkie. Dit is vir ’n beperkte tyd beskikbaar.

Anti-perspirant

Vir ’n sakpas-geskenk probeer Shield Men Invisible Black + White Deodorant (R23 vir 150ml) of Roll-on (R17 vir 50ml). Dit sal jou pa heeldag vars hou en dit los geen vlekke op sy klere nie.

Nóg Vadersdag geskenk-idees