FOTO: Dior

FOTO: Dior

Ons hou van

Laaste minuut Moedersdag geskenk-idees

Dis môre Moedersdag! En as jy nog nie iets vir dié spesiale vrou het nie is hiér ’n paar geskenk-idees vanuit die SARIE skoonheidstoor.

Prinses Charlene se tweeling word op Moedersdag gedoop – lees meer!

1. Clinique Deep Comfort Body Moisture (R290): Gee droë vel ’n voginspuiting met dié ryk en romerige lyfroom. Die formule absorbeer in ’n kits en streel droë, rooi en jeukerige vel onmiddelik.

2. The Body Shop Fuji Green Tea Bath Tea (R225): Bederf jou ma na ’n lang dag met dié badkristalle wat kalmerende groentee-blare en geure bevat.

3. Schwarzkopf BC Oil Miracle Restorative Treatment (R290): Gewild arganolie in dié haarolie sorg vir glansende hare wat gesond, bevog en soepel is. Masseer ’n paar spuitjies in jou hare in nadat jy jou hare gewas het. By uitsoeksalonne

4. Satiskin Shower Gel in Sunrise Celebration (R28): Dié stortseep se sitrus geure is vars hartlik op dieselfde tyd.

5. La Mer Blue Heart The Moisturising Cream (R4 990): La Mer bring jaarliks ’n beperkte weergawe van hul ster-vogroom uit ter viering van Wêreld Oseane Dag op 8 Junie. Bederf jou ma én lewer ’n bydrae tot dié dag met die luukse vogroom wat onder andere seewier-ekstrakte bevat. By uitsoektakke van Edgars, Red Square en Stuttafords

Spesiaal vir jou: laai dié Moedersdag-kaartjies gratis af!

6. Dior Miss Dior (R1 760 vir 100 ml EDP): ’n Geur met sitrus-, blom- en houtnote wat vroue steeds onweerstaanbaar vind – jou ma sal mal wees daaroor!

7. Lancôme Ultimate Regenerating Eye Contour Ritual (R3 700): Die luukse oogroetine bevogtig die vel reg rondom jou oë, terwyl dit die voorkoms van fyn lyntjies, plooie en donker kringe om jou oë geleidelik verbeter. Buiten die oogroom sluit die roetine ook ’n masseer-toestel in waarmee jy die oogroom aanwend vir varser en jonger oë.

8. Clinique Aromatics in White (R1 135 vir 100 ml EDP): Die amberkleurige Clinique Aromatics Elixir bekoor vroue al sedert die 70’s. Dié nuwe weergawe bevat viooltjie-blaar, roos, patsjoelie en muskus en bied ’n moderne kinkel op die ou-gunsteling.

9. Placecol Moisture Hold Therapy Daily Treatment (R280): ’n Serum wat jy daagliks kan gebruik om jou vel te bevogtig en soepel te laat voel. By Placecol-salonne

10. Elizabeth Arden Beautiful Color Moisturizing Lipstick in Bold Red (R220): ’n Helder rooi lip is die kleur van liefde en altyd in die kol! Bederf haar met dié bevogtigende lipstiffie met ’n mat-afwerking.

moedersdag geskenk idees

Bobby van Jaarsveld bederf só sy vrou vir Moedersdag