FOTO: Instagram

Ons hou van

Uitblinker-grimering

Blinkers is oral waar ons kyk. Nie net op klere nie, maar ook in grimering. Volg dié wenke vir skitterende grimering en ’n glansende jy. Van oogskadu tot naels – ’n tikkie blink is perfek vir die partytjieseisoen.

Glans op jou oë

FOTO: verskaf

FOTO: verskaf

Laat jou oë uitstaan met ’n blink oogskadu of oogomlyner. Skakerings van goud en brons is ideaal om jou oë die perfekte tikkie drama te gee.

Dra jou blink oogskadu saam met ’n ligte kleur op jou oogbank om te keer dat jou voorkoms te dramaties is en jy soos ’n Kersboom begin lyk. Rond die voorkoms af met ’n lipstiffie wat ’n mat afwerking het.

 

Probeer Catrice Liquid Metal Eyeshadow in Gold Leaf Me (R59) op jou ooglede en Smashbox Always Sharp Waterproof Kôhl Liner in Penny Lane (R200) vir ’n glansende omlyner.

FOTO: verskaf

FOTO: verskafLippe wat skyn

Probeer ’n lipglans of lipstiffie met ekstra glans en ’n paar blinkertjies vir ’n aand uit. Dit hou jou voorkoms jonk en interessant. Maak net seker dat jy die res van jou grimering lig en natuurlik hou wanneer jy dié voorkoms toets.

Gee jou lippe daardie ekstra glinster met Dior Addict Gloss in Princess (R340).

Blinker-vingers

Sien jy nie kans vir blinkers op jou oë of lippe nie? Volg dan dié tendens op jou vingerpunte. Dis maklik om jou naels te laat glinster met naellak in metaalskakerings of selfs naellak vol interessante blinkers. Jy kan die voorkoms selfs meer subtiel volg en slegs een ringvinger blink verf.

FOTO: Twitter

Corlea dra ook blinkers op haar naels FOTO: Twitter

Wet ‘n Wild Fast Dry Nail Polish in Party of Five Glitters (R40) laat jou naels net genoeg blink.

FOTO: verskaf

FOTO: verskaf

DES 2013

 

 

Koop SARIE se Desember-uitgawe om meer te leer oor goud in skoonheid.