600x450
Ons hou van

Laat jou vel jonger lyk

Wens jy ook soms jy kon selle herprogrammeer om jou weer jonger te laat lyk? Wel, die sleutel tot ‘n jonger vel is nou in jou hande.

NIVEA CELLular Anti-Age is ‘n teen-verouderingsformule wat wêreldwyd jou die beste velsorg bied. Dit is NIVEA se vlagskip-reeks en is spesiaal ontwerp vir die moderne vrou se aan-die-gang-leefstyl. En omdat sy meer as een ding op ‘n doen, verwag sy dieselfde van haar teenverouderings-velsorgproduk.

Dr. Sven Fey, Hoof van NIVEA se velsorgproduk-ontwikkeling verduidelik: “Die grootste studie vir teen-veroudering wat ooit uitgevoer is, is by die Beiersdorf-toetsentrum gedoen. Dié studie het merkwaardige resultalte getoon. Dit is ‘n reuse deurbraak vir ons en met dié kennis tot ons beskikking, het ons die NIVEA CELLular Anti-Age-reeks ontwikkel wat ontwikkelingsaktiwiteit binne die selle stimuleer en dit vinniger hernu, sodat dit soos jong selle werk.”

Jou vel: Oud en afgeleef?

Elke sel in jou liggaam bevat unieke, kenmerkende inligting oor jou. En soos as jy verouder, verouder die ongeveer 10 triljoen selle in jou liggaam ook.

Selhernuwing skaal dus af om by die verlaagde energievlakke in jou liggaam aan te pas. As gevolg daarvan, verswak die vel se beskermingslaag en verloor die vel meer vog. Die verbindingsweefsel word beskadig wat veroorsaak dat die vel sy elastisiteit verloor en begin verrimpel.

Jonk van binne

Dié baie effektiewe NIVEA CELLular-formule werk in harmonie met die vel se eie prosesse in dié sin dat dit fermheid bevorder.

Magnolia Extract, bevorder die vel se elastisiteit en suurstof-opname om anti-verimpelings doeltreffend te bewys.

Hyaluronic Acid, ‘n natuurlike produk in die vel,  bevorder die vel se vermoë om water te bind vir ‘n plomper, fermer vel.

Kreatien, ‘n natuurlike produk in die vel, bevorder energie in die liggaamselle (insluitend die huid) om tekens van veroudering teen te werk.

Dit is belangrik vir elke vrou se daaglikse anti-veroudering selfsorg roetine om die vel teen die skadelike UV-strale van die son en omgewing te beskerm. Die NIVEA CELLular Anti-Age dagroom het SPF 15 om die vel teen vroeë veroudering, vlekke en pigmentasie te beskerm.

Tydens, asook na, gebruik van hierdie snelwerkende produkte  voel die vel heerlik sag en daarbenewens ruik dit so lekker  dat vroue dit ‘n plesier vind om te gebruik. Tydens die formulering van dié produk was daar meer as 8,500 vroue aktief betrokke om seker te maak dat die finale produk presies is wat vroue met ‘n daaglikse teenverouderingsroetine daarvan verwag.

Nou beskikbaar!

NIVEA CELLullar Anti-Age Day Cream SPF 15 (R179.99)
NIVEA CELLullar Anti-Age Night Cream (R179.99)
NIVEA CELLullar Anti-Age Eye Cream (R179.99)
NIVEA CELLullar Anti-Age Concentrated Skin Refining Serum (R179.99)

Besoek NIVEA se Facebookblad hier