Ons hou van

Lana del Rey se slim grimeertruuk vir rooi merkies

Die gewilde sangeres en model Lana del Rey is bekend vir haar retro-grimeervoorkoms. Sy het onlangs ’n video op Instagram gedeel waarin sy aanhangers wys hoe sy soggens haar wenkbroue netjies kam en invul. Maar dis nie die deel van die video wat vir ons die interessantste was nie … Sy het ook ’n ander slim grimeertruuk onthul!

 

Nadat sy haar wenkbroue gekam en ingevul het, wys Lana ook hoe sy haar wenkbrou-potlood gebruik om rooi merkies en knoppies op haar vel te vermom as sproete. Sy teken met die potlood kolletjies op die merkies en skakeer dit dan liggies met haar vingerpunte in sodat dit natuurlik lyk.

Daarby gebruik sy ook haar wenkbrou-potlood om ’n super-subtiele lyntjie en “vlerkie” onder haar onderste wimperlyn te trek vir ’n grootoog-voorkoms.

Kyk hiér na die video:

morning makeup to the beatles

A video posted by Lana Del Rey (@lanadelrey) on

Een grimeerpotlood, drie gebruike … Ons kan baie by haar leer!

Probeer dié wenkbrou-potlode:

Benefit Precisely, My Brow Pencil (R335)

By Edgars

Maybelline Master Shape Brow Pencil (R80)

Clinique Superfine Liner for Brows (R320)

L’Oréal Paris Super Liner Brow Artist (R160)

Yardley Eyebrow Pencil (R90)

Lees nou

QUIZ: Watter rooi lipstiffie moet jy dra?

Angelique Gerber se gesondwees-geheim