lanc_me_kate_winslet_16
Ons hou van

Lancôme-sterre skitter

Kate ontvang vandag (24 April) die Honorary César-toekenning vir haar hele rolprentloopbaan by die 37ste César-toekenningsaand.

Dié toekennings word as die Franse ekwivalent van die Oscars of BAFTA’s beskryf. Sy het vir die eerste keer ons aandag getrek as Rose in die rolprent Titanic (wat tans in 3D by plaaslike teaters wys ter herdenking van die ramp se eeufees). 

Die Harry Potter-aktrise, Emma Watson, het saam met Lancôme gewerk om haar eie reeks skakerings vir die Rouge in Love reeks te skep. Sy het ook ’n paar weke gelede dié skoonheidshuis by die pre-BAFTA-partytjie verteenwoordig om die fotografie-uitstalling, “Rôses by…”, ter herdenking van Lancôme se roos-embleem, bekend te stel.

* Kyk hier na ’n video van Emma by die partytjie: