Ons hou van

Lentekleure vir ‘n vars voorkoms

Só sê grimeerkunstenaar Adelle Jung. Pienke en perse is hierdie lente oral op die loopplanke te sien en is net die kleure om jou in die regte stemming vir warmer weer te kry.

Appelkoos-skakerings en pienke op die appels van jou wange is vleiend en natuurlik. My gunstelinge vir die lente is roomblossers en pienk lipglanse,” sê Adelle.

Voltooi die voorkoms met ʼn bietjie pers op jou oë en voeg ʼn tikkie silwer by vir die aand.

 ■ Probeer Bobbi Brown Lip Gloss in Pink Cloud (R175) uit die Bobbi Brights-reeks.