Ons hou van

Lerato vir Elizabeth Arden

Nou het ons ons eie Catherine Zeta-Jones!

En sy’s Lerato Moloi, die gesig van Elizabeth Arden in SA, nes Zeta-Jones elders.

Ons staan nie terug vir die res van die skoonheidswêreld nie: naas China het ons land die grootste groeimoontlikhede ter wêreld in dié bedryf!

Hierdie feit is goed nagevors deur Elizabeth Arden toe hulle Suid-Afrika gekies het as die enigste land om hul eie woordvoerder vir hul velsorg- en grimeerreekse te hê. Dis toe waar die skoonheid Lerato Moloi inkom …

Elizabeth Arden se filosofie is dat dit elke vrou se reg is om mooi en natuurlik te lyk, en baie vroue glo die antwoord lê in daardie kultusroom, die Elizabeth Arden Eight Hour Cream. Entoesiaste sal bly wees om te hoor daar’s binnekort ‘n nuwe toevoeging tot die reeks – die Elizabeth Arden Eight Hour Cream Intensive Daily Moisturizer for Face SPF 15 (ongeveer R175). Hierdie dagroom bevat dieselfde voedende bestanddele as die Eight Hour Cream, maar is ligter in tekstuur en beskerm met ‘n SBF van 15.