FOTO: Nioxin

FOTO: Nioxin

Ons hou van

Lesersvraag: Hoe gemaak met droë kopvel?

Vraag: Ek sukkel die afgelope tyd met ’n droë kopvel. Ek het al gedink dis skilfers, maar haarkappers sê my kopvel is droog en het vir my duur sjampoe gegee wat nie werk nie. Ek het raad nodig, asseblief. – Anoniem

Antwoord: Mikro-inflammasie is die onderliggende oorsaak van die meeste kopvel-toestande, sê Stefanie Conzelmann, hoof van produkontwikkeling by Beiersdorf. “Hierdie inflammasie kan deur verskeie faktore veroorsaak word soos dermatitis, ekseem, genetiese faktore, spanning, rook, UV-lig, droë weer, hitte-toestelle en chloorwater. As jy ’n droë kopvel het, is dit meer blootgestel aan dinge wat jou vel kan irriteer.”

Daar is ’n verskil tussen ’n droë kopvel en skilfers, sê Stefanie. Wanneer jou kopvel droog is, jeuk dit en daar is gewoonlik kleinerige velleltjies op die oppervlak. Skilfers word veroorsaak deur abnormale sebum-produksie (die olie wat jou vel vervaardig). Dít lei tot die vorming van gis en die velletljies op jou kopvel is groter en meer skubberig.

Kyk uit vir ’n sjampoe wat ureum bevat. Dié bestanddeel help om vog vas te vang in die dieper lae van jou kopvel en herstel jou velwand om verdere vogverlies te voorkom, sê Stephanie.

Probeer: