FOTO: Gallo Images/ Getty Images

FOTO: Gallo Images/ Getty Images

Ons hou van

Lyk stralend – met grimering!

Ons is mal oor die tendens om glansryke grimering te dra. Bekendes soos Jennifer Anniston, Scarlett Johansson, Giuliana Rancic en Allison Williams lyk almal pragtig met dié grimering! Kry die voorkoms só

Vir dié voorkoms het jy drie belangrike produkte nodig – verbronser, blosser en ’n ligte lipstiffie

Begin altyd deur jou vel voor te berei en dan onderlaag en verbloemer aan te wend. Nou kan jy jou verbronser gebruik om kontoerlyne op jou gesig te trek. Die geheim is om bietjie verbronser aan weerskante van jou wangbeen aan te wend (met ander woorde bo en onder die wangbeen). Nou kan jy ’n ligte tikkie blosser op die wangbeen aanwend om ’n gesonde glans te verkry.

Kyk hier hoe om kontoerlyne te trek!

Kies nou ’n natuurlike lipstiffie wat by jou blosser pas – ’n pienk skakering lyk mooi by ’n pienker wang, rooi by rooi, en ’n koraalkleur skakering werk weer by oranje blosser.

vma2013_alison_getty_makeup_630w

FOTO: Gallo Images/ Getty Images

Uiteindelik kan jy die voorkoms afrond met oogomlyner en ’n paar lae maskara. Vir ‘n deftige geleentheid kan jy Allison Williams se voorbeeld by die naweek se MTV Music Video Awards volg en ’n meer dramatiese, rokerige oog probeer.

Rokerige oë in drie stappe!

Gaan loer op Pinterest hoe die stralende voorkoms SARIE se skoonheidspan inspireer!

pinterest_630w