fabulousness_ambient_72
Ons hou van

M.A.C se feestyd-grimering

Die verpakking is só mooi dat dit die ideale geskenk vir enige grimeerliefhebber se Kerskous is.

Hier is die verskeie reekse wat reeds beskikbaar is:

Dié satynhouers is die Devine Desires – oogskadu-palette uit die Fabulousness-reeks.
Die Holiday Primed Out Lip and Eye Look Bags en Perfect Plush Brush Kits kom in ‘n luiperdpatroon-sakkie met als wat jy nodig het om ‘n glansryke voorkoms te skep vir daardie feesparty.
Hul Guilty Passions is geïnspireer deur al die lekkernye in die lewe – van sjampanje en macarons tot partytjierokke en hoëhakskoene – dié houers bevat als wat jy nodig het om jou oë en lippe te laat glinster.
M.A.C se Viva Glam-reeks samel geld in vir die M.A.C Aids Fund ter ondersteuning van mans, vroue en kinders met HIV. Dié sakkie met ‘n lipstiffie en lipbevogtiger van twee van dié inisiatief se gesigte, die sangers Ricky Martin en Nicki Minaj, is spesiaal vir Kerfees. Die volle bedrag word aan die fonds geskenk.