AntonioLopez-Ambient1-300
Ons hou van

M.A.C vier lente met Antonio Lopez

Antonio Lopez, gevierde illustreerder vir Vogue en modehuise soos Valentino, Yves Saint Laurent en Versace, het dikwels ook nou saamgewerk met name soos Karl Lagerfeld, Anna Piaggi en Andy Warhol. Hy was die inspirasie vir ’n nuwe reeks grimering van M.A.C.

MAC Antonio Lopez

Dié lente vier M.A.C hierdie kunstenaar, wat in 1987 oorlede is, met ’n tydelike grimeerreeks wat ons aan die 70’s en 80’s herinner.

MAC Antonio Lopez

Die M.A.C Antonio Lopez-versameling bestaan uit ’n grimeersakkie, handspieëltjie, drasak en grimeerpalette versier met Antonio Lopez se helder illustrasies wat hy in die 70’s en 80’s gedoen het. Die illustrasies is van die modelle Jerry Hall, Pat Cleveland en Marisa Berenson, wat hom in dié era geïnspireer het. Die grimering is beskikbaar in helder skakerings soos violet, blougroen, fuchsia en goud. 

Die reeks is vanaf 5 September beskikbaar terwyl voorraad hou.

MAC Antonio Lopez