Ons hou van

Maak ‘n kind gelukkig

Clinique vier elke jaar Clinique Happy Day, en dié jaar is geen uitsondering nie. Wanneer jy op 16 Desember ’n Clinique Happy-parfuum koop, kry jy R100 afslag, wat aan die Rena Le Lona Aids Foundation geskenk sal word. 

Dié organisasie help kinders wat hul ouers weens vigs verloor het om deur betrokkenheid by die kunste emosionele genesing te vind. Die kinders neem deel aan aktiwiteite wat met kuns, musiek, die skryfkuns, dans, drama en selfs komedie te doen het. Só bou hulle nuwe selfvertroue op. 

* Kyk hier na ’n voorsmakie van Clinique se Happy-projek waar hulle vir 9 rolprentmakers gevra het om te wys wat hulle gelukkig maak: