Ons hou van

Maklike haarkleur tuis

Clairol se nuwe haarkleur-reeks, Nice ’n Easy Colour Blend Foam, is ’n permanente kleurformule in skuimvorm. Anders as die tradisionele vloeistof of room het skuim die beste eienskappe van albei. Dit is ‘n vastestof wanneer jy dit spuit, maar tree op soos ‘n vloeistof wanneer jy dit deur jou hare werk en egalig versprei.

Dié nuwe haarkleur is maklik om aan te wend, mors minder omdat dit nie drup nie, en die kleur hou tot agt weke lank.

Nice ’n Easy Colour Blend Foam is beskikbaar in 18 kleure teen R119,99 elk.  

  • Elize

    Wonderlik, die ander manier van kleur is altyd so ‘n gemors ……die kleur eindig op daar waar dit nie nodig is nie 🙂