Ons hou van

Manikuur-inspirasie van bekendes

Bekendes is gereeld besig om op Instagram met hul gemanikuurde naels te spog. Hier is 10 van ons gunstelinge om dié winter uit te probeer. Probeer naellakskakerings soos donkerrooi, swart en donkergrys, of metaalskakerings soos silwer en goud vir ’n tikkie glans.

Bekende fliekrolle wat vir ander akteurs bedoel was

Osbloed-rooi

Die aktrise Drew Barrymore se donkerrooi naels lyk stylvol en gesofistikeerd.

FOTO: Instagram (@drewbarrymore)

Grysblou

Dié grysblou skakering van Lauren Conrad is perfek vir wanneer jy 'n meer subtiele skakering wil hê en pas boonop by enige velkleur.

FOTO: Instagram (@laurenconrad)

Pers

Die supermodel Alessandra Ambrosio het onlangs met dié helderpers skakering op haar naels gespog. Dis 'n kleur wat in die winter én somer gedra kan word.

FOTO: Instagram (@alessandraambrosio)

Geometriese patrone

Die realiteitster Khloe Kardashian het onlangs 'n foto van dié geometriese patrone op haar naels gedeel. Dis nou 'n groot tendens op die loopplank en is perfek as jy met verskillende patrone en skakerings wil eksperimenteer.

FOTO: Instagram (@khloekardashian)

Speelse naelkuns

Emmy Rossum van die TV-reeks Shameless het met dié manikuur gewys dat speelse naelkuns nog lank nie verby is nie.

FOTO: Instagram (@emmyrossum)

Kreatiewe kolle

Ons hou van Drew Barrymore se kreatiewe kolletjies. Die skakerings is perfek vir winter, terwyl die kolle kleiner naels treffend laat lyk.

FOTO: Instagram (@drewbarrymore)

Roosgoud

Ons is mal oor dié roosgoud skakering op Lauren Conrad se naels. Die kleur is tans 'n groot trend en gee jou naels net 'n tikkie glans.

FOTO: Instagram (@laurenconrad)

Metaalskakerings

Ons almal begeer die modestyl van aktrise Kerry Washington se karakter in The Fixer. Dié interessante groen-goud skakering is geen uitsondering nie en lyk veral mooi by donkerder velkleure.

FOTO: Instagram (@kerrywashington)

Swart en silwer

Die Britse model Daisy Lowe se swart-en-silwer naels lyk bedags gesofistikeerd en waaghalsig, en in die aand alte glansryk.

FOTO: Instagram (@daisylowe)

Klassieke Franse manikuur

Hou jou manikuur neutraal en eenvoudig met 'n klassieke Franse manikuur soos die sangeres Lady Gaga onlangs gehad het.

FOTO: Instagram (@ladygaga)

FOTO’s: Plaaslike bekendes in hul kinderdae

Wenk: Gebruik ’n nael-olie in die aand voordat jy gaan slaap om jou naels en naelvelletjies gesond te hou.

10 stappe vir ’n manikuur by die huis – lees meer hiér!