Foto: Chanel Collection, PqrisPhoto © Ed Feingersh © Michael Ochs Archives/Getty Images

Foto: Chanel Collection, PqrisPhoto © Ed Feingersh © Michael Ochs Archives/Getty Images

Ons hou van

Marilyn in nuwe veldtog vir klassieke parfuum

Sy word nog altyd met met dié geur assossieer, en nou gaan die ikoniese Marilyn Monroe in nuwe advertensies vir Chanel No. 5 verskyn.

Marilyn het in 1952 aan die tydskrif Life gesê dat sy net dié klassieke parfuum dra wanneer sy gaan slaap. Chanel het onlangs ’n bandopname bekom wat nie vantevore uitgereik is nie van ’n onderhoud in 1960 met die destydse redakteur van Marie Claire, Georges Belmont. Hierin kan Marilyn gehoor word waar sy weer vertel dat sy net No. 5 bed toe dra.

* Kyk hier na ’n video oor Marilyn se geskiedenis met die parfuum en om ’n gedeelte van die bandopname te hoor:

Dié dat sy gekies is as die nuutste gesig van die parfuum se advertensie-veldtogte. Chanel No. 5 is ontwikkel in 1921 toe Gabrielle ‘Coco’ Chanel ’n geur wou skep wat vroulik ruik. ’n Bottel hiervan word elke 30 sekondes regoor die wêreld gekoop!

Ander bekendes wat al die gesig van No. 5 was sluit in Nicole Kidman, Audrey Tautou en Brad Pitt.

Die advertensies sal vanaf Desember begin verskyn.

* Kyk hier na ’n video oor die geskiedenis van Chanel No.5: