ad_visual_high_res_klein
Ons hou van

Middernag-blou grimering

Dié rok is kenmerkend vir sy baie lae grys netsy (tulle) wat met donkerblou blinkertjies versier is. Dior se nuutste grimeerreeks, Blue Tie, bring hulde aan dié middernagblou. Dit bestaan uit alles van oogskadu’s tot blosser en naellak in weelderige skakerings van blou, wit en silwer.

Die kwistige blou word beskryf as die beste alternatief tot swart, so moenie bang wees om na ’n aandgeleentheid jou swart rokerige oog vir ’n donkerblou een te verruil nie. Jy sal steeds elegant én gesofistikeerd lyk!