FOTO: Twitter (@michaelkors)

FOTO: Twitter (@michaelkors)

Ons hou van

Modeweek-skoonheid om te probeer

Ons is altyd opgewonde om te sien hoe die wêreld se voorste modeweke ons gaan verras met nuwe skoonheidstendense. Tydens die New Yorkse Modeweek in Februarie het vyf voorkomste vir die SARIE-skoonheidspan uitgestaan. Ons gaan dit vir seker dié herfs probeer.

Kapenaar in internasionale modelkompetisie – lees meer!

Haarbykomstighede

Modehuise soos Dolce & Gabbana en Honor het gewys jou hare kan ook die praatwerk doen met interessante bykomstighede en speelse haarbande.

Deurmekaar hare

Natuurlike hare is steeds gewild, maar nou is nog minder stilering nodig. Michael Kors se modelle het bloot die aand voor sy modevertoning hul hare gewas en dit natuurlik laat droogword sodat dit die volgende dag effens deurmekaar gelyk het.

Die Gary Rom-blog: Koel kleure

Grafiese oë en gesmeerde maskara

Sexy rokerige oë was veral gewild op die loopplank. Die ontwerper Diane von Fürstenberg se modelle se rokerige oë was treffend. Daarby het Victoria Beckham se modelle gespog met onnet maskara en oogomlyner wat effens gesmeer was. Probeer dié voorkomste vir die aand.

Helder én subtiele lippe

Op die loopplank was lippe helder én subtiel. Die modelle van Phillip Lim het gespog met donkerrooi lippe soos in die 90’s gesien, terwyl Banana Republic ’n treffende helderrooi lip gekies het. As jy eerder ‘n sagter lipkleur verkies, is die ligpienk skakerings van die modehuis Tibi perfek.

Negatiewe spasies en nudes

Vir jou naels is neutrale skakerings soos nude, liggrys en ligpienk in die kol. En die manikuur om hierdie seisoen te probeer, is een waar net ’n gedeelte van jou nael geverf word, soos gesien by Rebecca Minkoff se modevertoning.

Maak só jou eie lipafskilferaar!