Ons hou van

Mooi hare met ’n doel

Jy kan vanjaar deelneem aan ghd se jaarlikse style-A-thon, ’n inisiatief wat in 2011 begin is. 

Stileerspanne sal op Saterdag 27 Oktober en Sondag 28 Oktober by verskeie winkelsentrums in Johannesburg, Durban en Kaapstad wees om jou hare mooi te maak. 

Volwassenes betaal R50 elk terwyl kinders onder die ouderdom van 12 jaar R20 elk betaal om hul hare deur een van die stiliste te laat mooimaak met ghd se verskeidenheid produkte, stileerders, borsels en die splinternuwe ghd AIR-haardroër. 

*Vir meer inligting besoek www.facebook.com/ghdsouthafrica of skakel 011 463 8601