press_presentation_cosmetics_40
Ons hou van

Mooi lippe vir langer

Sommige lipstiffies is geneig om deur die loop van die dag al hoe valer te word en jy moet gereeld ‘n nuwe laag aanwend. 

Dié lipstiffie – met power-hold-pigmente en vitamien E – hou tot tien uur lank en jy kan kies tussen 13 smeulende kleure.

Die nuwe gesig van L’Oréal Paris, wat nooit sonder rooi lipstiffie gesien word nie, Gwen Stefani, dra L’Oréal Infallible Le Rouge in Ravishing Red.