Ons hou van

Mooiste Kersgeskenke vir skoonheidsliefhebbers

Kersfees is binnekort hier! Hiér is die SARIE-skoonheidspan se top-keuses van geskenke vir bederf en optooi. Van goedkoop geskenkies vir jou Kerskous tot ’n luukse bederf – daar is iets vir almal.

Hiér is ons top-keuses:

Sorbet Pocket Size Fun Gift (R90)

Die trots SA salongroep spog dié feestyd met ’n splinternuwe naellakreeks. Die oulike sakkie en bypassende naelkleur is bekostigbaar en perfek vir ’n Kerskous. By Clicks

Lush Luxury Lush Pud Bath Bomb of Mistletoe Bath Bomb (R70 elk)

Sodra jy die balle in jou badwater gooi, begin dit oplos en ’n heerlike geur vrystel vir ’n badbederf. Die Luxury Lush Pud Bath Bomb (links) stel soet tonkaboontjie en kalmerende laventel vry en die Mistletoe Bath Bomb (regs) spog met blomnote van jasmyn, ilang-ilang en kuskusgras. Beskikbaar vir ’n beperkte tyd by Lush-winkels of aanlyn by www.lush.co.za

L.O.V The Brush Collection (Pryse vanaf R150)

Grimeerborsels is ’n gewilde Kersgeskenk. En ons is mal oor dié mooi grimeerborsels van die nuwe grimeerreeks L.O.V. Elk van die vyf borsels spog met ’n elegante swart-en-roosgoue verpakking en kan individueel of as ’n stel saam gekoop word. Beskikbaar vir ’n beperkte tyd by Dis-Chem

The Body Shop Spiced Apple Small Gift (R300)

Dié oulike geskenkboksie bevat ’n verskeidenheid lyfsorgprodukte, gegeur met vars appel en speserye, om jou vel ná ’n lang jaar te voed en bevog. Beskikbaar vir ’n beperkte tyd

Crabtree & Evelyn Botanicals Hand Therapy Trio (R420)

Die mooie boksie bevat drie handsakgroot handerome wat elk verryk is met bevogtigende galambotter (shea butter) en die geure van avokado, sitroen en granate. Beskikbaar vir ’n beperkte tyd

Kiehl’s x Jeremyville Collection Creme de Corps (R695) en Ultra Facial Cream (R375)

Vanjaar spog die topverkoper-produkte van Kiehl’s – ’n lyfroom en vogroom wat intens bevog - met ’n speelse ontwerp deur die Amerikaanse kunstenaar Jeremyville. ’n Spesiale bederf vir aanhangers van dié handelsmerk. Beskikbaar vir ’n beperkte tyd

Urban Decay Blackmail Vice Lipstick Palette (R700)

Skoonheid-“junkies” sal mal wees oor dié geskenk! Die lipstiffie-palet van Urban Decay spog met 12 lipstiffie-skakerings van pienk, pruim, rooi en bruin in glans-, satyn- en mat-afwerkings. Dit kom met ’n lipborsel en is in die mooiste goud-en-vuilsilwer verpakking. Beskikbaar vir ’n beperkte tyd by Urban Decay in Sandton City en Foschini Eastgate, Johannesburg

Elie Saab Le Parfum Éclat D’Or (R1 400 vir 50 ml EDP)

Vir ’n luukse bederf is dié spesiale Kersparfuum perfek. Die Oosterse blomgeur bevat soet lemoenbloeisel, jasmyn en ilang-ilang in die hart en aardse patsjoelie as basis. Beskikbaar vir ’n beperkte tyd by uitsoekwinkels van Edgars

The Body Shop Modern Gent's Maca Root Shaving Kit (R425)

Vir hom! Bederf die man in jou lewe met ’n oulike skeerstel. Die boksie bevat skeerroom, kalmerende vogroom vir ná die tyd en ’n skeerroom-borsel

 

Luxury Lush Pud will take your #bathart to the next level every time. #bathgoals

A photo posted by Lush Cosmetics North America (@lushcosmetics) on

Lees nou

Kyk net! Dié trends uit jou tienerjare is terug

5 wenke: Keer dat jou haarkleur vaal word