FOTO Instagram (@emrata)

FOTO Instagram (@emrata)

Ons hou van

Mooiste skoonheid op die Emmy-rooitapyt

Die jaarlikse Emmy-toekennings het gisteraand plaasgevind. Ons wonder altyd vooraf hoe ons gunsteling-TV-sterre hulself gaan optooi vir dié glansryke geleentheid. Hiér is die SARIE-skoonheidspan se lysie van mooiste voorkomste op vanjaar se rooi tapyt.

 

Emily Ratajkowski

Die model het gespog met dramatiese juweelblou oogskadu en ’n sjiek lae poniestert.

 

Priyanka Chopra

Ons is mal oor dié aktrise se kombinasie van goue oë en bloedrooi lippe. Metaalskakerings op jou oë is veral hoogmode dié seisoen!

 

Kristen Bell

Die aktrise se glansende vel lyk jeugdig tog elegant.

 

Mandy Moore

Die aktrise se koraalrooi lippe en perskeblos wange pas perfek by haar geel rok.

 

Sophie Turner

Die Game of Thrones-aktrise se bonkige deurmekaar vlegsel lyk interessant en waaghalsig.

Embed from Getty Images

Lees nou

Wie het met die Emmys weggestap?

Laat jou grimeerprodukte só langer hou