Foto: Burberry

Foto: Burberry

Ons hou van

Musiek inspireer modegeur

Die opwinding van musiek voor ’n gehoor en die energie van die mense is die inspirasie agter die nuutste mansgeur deur die modehuis Burberry, Brit Rhythm (R750 vir 50 ml EDT).

Foto: Burberry

Foto: Burberry

Dié modehuis het nog altyd ’n sterk verbintenis met musiek omdat die huidige kreatiwiteitshoof, Christopher Bailey, ’n liefde daarvoor het. Hy het verskeie projekte op die been gebring wat Britse musikante ’n kans gee om te wys wat hulle kan doen.

Een hiervan is Burberry Acoustic, waar hulle video’s van musikante maak wat mense op www.burberry.com of op Facebook, Twitter en YouTube kan gaan kyk.

Die nuwe parfuum is ook geïnspireer deur die klassieke swart leerbaadjie wat op ’n tyd met rebelle soos James Dean, Elvis, Marlon Brando en Jim Morrison geassosieer is. Vandag is dié kledingstuk ’n moet-hê vir baie musikante.

Foto: Burberry

Foto: Burberry

Die note van dié geur is ryk, maar varser note sorg vir die perfekte balans:

Topnote

Foto's: Burberry

Foto’s: Burberry

Van links: basiliekruid, kardemom, jenewerbessie

Hartnote

Foto's: Burberry

Foto’s: Burberry

Van links: swart leer, patsjoelie, styrax-hars

Basisnote

Foto's: Burberry

Foto’s: Burberry

Van links: sederhout, tonkaboon, wierook

* Kyk hier na die advertensie vir Burberry Brit Rhythm