Ons hou van

‘n Dekade in SA

Hier is ’n paar feite oor dié winkel en sy produkte:

  • The Body Shop is in 1976 deur Anita Roddick in Brighton, Engeland gestig.
  • Daar is tans meer as 2500 winkels regoor die wêreld.
  • In 2006 het The Body Shop deel van die L’Oréal-groep geword.
  • Die eerste Suid-Afrikaanse winkel het op 16 Oktober 2001 by Cavendish Square in Kaapstad oopgemaak.
  • Daar is vandag in Suid-Afrika 42 Body Shop winkels, Body Shop-rakke in 39 Clicks takke, en 2 Body Shop-winkels binne ’n Clicks winkel!
  • Geen Body Shop produk word op diere getoets nie, en bestanddele word gebruik wat so min as moontlik skade aan die omgewing verrig.
  • The Body Shop loods verskeie veldtogte deur die jaar. Hulle huidige veldtog, Stop Sex Trafficking, mik om die mensehandel van kinders stop te sit.