john_galliano_edp
Ons hou van

‘n Flambojante ontwerpersgeur

John Galliano is in 1960 op Gibraltar gebore aan ‘n Spaanse ma en ‘n Brits-Gibraltiese pa. Sy multikulturele wortels het sy nuuskierigheid reeds kleintyd geprikkel en sy loopbaan as ontwerper het tóé al begin vorm kry. Hy’s geïnspireer deur die helder Mediterreense kleure van lap en speserye.

Nou, ná jare se sukses as modeontwerper, het John Galliano sy eerste parfuum vir vroue bekend gestel. Hy noem dit ook sommer John Galliano (prys op aanvraag). Die bottel en verpakking van dié roosagtige parfuum is byna net so eksentriek soos die flambojante skepper daarvan, en beloof om jou dag meer spesiaal te maak.

 “Selfs al dra jy niks – maak seker jy het die essensie en houding van ʼn Galliano-meisie.” – John Galliano